Friday, January 11, 2019

Advies aan my seuns #Tiaan en #Wihan Visser Baie lief en trots op jul 2 Hier is paar lesse wat ek wil he jul moet lees en toepas om mooi gentleman te word eendag 1: Hande in broeksakke kan nie gee of ontvang nie. 2: Staan op as jy iemand met die hand groet. 3: Bedank ñ veteraan, al verskil jy dalk van sy sienswyse, hy was daar, jy nie. 4: Wees soos ñ eend; kalm bo al trap jy verwoed water onder. 5: Musiek op die strand? Jy mis die punt. 6: Respekteer die braaier, dit is waar elke man ñ beurt kry om koning te wees. 7: Moenie die perfekte vrou najaag nie, wees net die perfekte man. 8: ñ Netjiese baadjie spreuk ñ 1000 woorde: hande wat harde werk wys spreuk boekdele. 9: Skryf gerus daardie kwaai en lelike kommentaar, lees dit en vee dit uit. 10: Jy is nie die eerste seun op aarde nie, maar elke nuwe ding is jou eerste, koester dit. 11: Skryf jou drome neer. 12: Begin die dag met ñ oefening en strek. 13: Flos. Elke. Dag. 14: Wees altyd mooi met jou ma. Sy is die moeder van my seun. 15: Lag. Lag uit jou hart uit, vir jouself, saam ander, maar nooit vir ander. 16: Wees die eerste om met die nuwe maatjie te gesels. 17: Vra daardie sexy meisie uit, hoekom nie?. 18: Leer jag, leer visvang, leer surfing, leer om te oorleef: Dit is waar jy God sal ontmoet en lief kry. 19: Gooi die vis terug. Vir jou seun. 20: Plant ñ boom. 21: Speel games met jou ma, sy sal jou nie laat wen nie. 22: Groet altyd eerste. 23: Moet nooit val vir groepsdruk nie. 24: Hou jou helde verantwoordelik vir hulle dade. 25: Lees Lees Lees en los die iphone daar is mag in Kennis 26. Spandeer Tyd saam God 27. Vergewe my, jou pa, ek leer ook maar nog om die beste pa en man te wees. 28. Volg jul drome 29. Klim n berg uit dalk Kilimanjaro en plant n vlag vir ons 30. Travel die wereld voor julle settle en kinders kry 31. Leer ander tale  32. ..... Liefde jul pa CobusVisser  \S/